Soedan se voedseltekorte raak 37% van bevolking

‘n Geskatte 756 000 mense in Soedan kan teen September rampspoedige voedseltekorte ondervind. Dit is volgens ‘n voorlopige projeksie wat deur die Verenigde Nasies se agentskappe en hulpgroepe gebruik word om te bepaal of ‘n hongersnood amptelik verklaar moet word. Die voorlopige resultate, soos op 1 Junie, weerspieël ‘n vinnig verslegtende situasie. Die mees onlangse vorige projeksie in Desember het getoon dat 17,7 miljoen mense, of 37 persent van die bevolking, hoë vlakke van voedselonsekerheid in die gesig gestaar het. Nou staar ‘n geraamde 25,6 miljoen mense, of 54 persent van die bevolking, kritieke tekorte in die gesig, insluitend meer as nege miljoen mense in ‘n noodsituasie of erger.