Groenwaterstof-navorsingsinstituut woeker voort

Die Namibië Groenwaterstof-navorsingsinstituut, NGHRI, is ‘n beduidende ontwikkeling vir Namibië se posisie in die globale groenwaterstofbedryf. Die instituut is in 2021 deur Unam gestig en dien as ‘n nasionale spilpunt vir navorsing en ontwikkeling in hierdie skoon energiesektor. Die instituut fokus op verskeie aspekte van groenwaterstof, insluitend produksiemetodes, bergingsoplossings en toepassings soos brandstofsel-tegnologie. Sy ses sentrums spreek hierdie gebiede aan tesame met die ekonomiese, wetlike, omgewings- en sosiale faktore rondom groenwaterstof. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Shafuda Natangue, die instituut se projekkoördineerder, oor waarmee hulle tans besig is.