Air Namibia werknemers se uitbetalingsaak uitgestel

Die saak waarin voormalige werknemers van Air Namibia deur die howe wil verseker dat hulle hul uitstaande uitbetalings ontvang, is weer uitgestel. Air Namibia is reeds in 2021 gelikwideer en die werkers is nou nog nie ten volle uitbetaal nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Renier Bougaard, die woordvoerder van die groep, wat sê die hofsitting het goed afgeloop en uitspraak word op 14 Augustus verwag.