Geen aanspreeklikheid oor parlementêre laksheid: kenner

Verlede week kon speaker Peter Katjavivi nie ‘n parlementêre sitting begin nie omdat daar te min lede was om ‘n kworum te vorm. Nou vra sommige parlementslede dat die parlementêre kalender aangepas word om hulle tyd te gee vir verkiesingsveldtogte. Hulle het egter ‘n grondwetlike verpligting as wetgewers om aandag te gee aan die uitvaardiging van wetsontwerpe en beleide, waarvan daar ‘n agterstand is, om die nasie te dien. Dit is hul werk waarvoor hulle betaal word, deur die mense. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke kommentator Rui Tyitende oor die kwessie gesels.