Vele onwettige produkte by SA grensposte onderskep

Die Grensbestuursowerheid sê hy bly vebind tot die beskerming van die 71 grensposte terwyl hy die wettige beweging van goedere en dienste fasiliteer. Die owerheid se woordvoeder, Memme Mogotsi, sê tydens ‘n wetstoepassingsoperasie Dinsdag het junior grenswagte by Mpumalanga se Lebombo-grenspos ‘n aansienlike hoeveelheid alkohol onderskep. Sy sê dit is in ‘n minibustaxi van Mosambiek onder sakke steenkool en pakke blaarslaai versteek.