Maatskaplike hervorming met eknomiese groei sal steun in SA-mark kry

Old Mutual Investments sê ‘n regering van nasionale eenheid wat die navolging van ‘n maatskaplike hervormingsagenda balanseer met die aansporing van ekonomiese groei sal steun van die mark kry. Die DA, IVP, Patriotic Alliance en RISE Mzansi het almal aangekondig hulle gaan by die ANC se regering van nasionale eenheid aansluit. Meryl Pick van Old Mutual Investments het aan die SABC gesê hoewel die tydperk ‘n verskuiwing van die politieke landskap aandui, het dit die potensiaal om sommige van strukturele kwessies wat Suid-Afrika in die gesig staar, op te los: