Mariupol: Rusland het verhongeringstaktiek gebruik

Global Rights Compliance sê Rusland het doelbewus verhongeringstaktiek gebruik toe hy die Oekraïnse stad Mariupol vroeg in 2022 vir 85 dae lank beset het, en dit kom neer op ʼn oorlogsmisdaad. Na raming is 22 000 mense tydens die beleg dood. Die organisasie se prokureurs berei ʼn dossier voor om aan die Internasionale Strafhof voor te lê. Volgens die dokument is 90-persent van die huise en gesondheidsgeriewe in Mariupol vernietig of beskadig. Voedselverspreidingspunte en humanitêre ontruimingsroetes is ook gebombardeer.