Hoë-vlak vergadering kom op Mariental oor uraan

Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat daar Maandag ‘n hoë-vlak vergadering op Mariental sal plaasvind oor uraan-ontginning in die Stampriet-bekken. Dit kom na die landbouministerie kenners van Unesco en die Internasionale Atoomenergie-agentskap gevra het om die kwessie te bestudeer en terugvoering te gee. Die vergadering sal deur die landbouminister, die Hardap- en Omaheke-goewerneurs, Unesco-afgevaardigdes, hidroloë, geoloë, sowel as Headsprings Investment en die Kamer van Mynwese bygewoon word. Die kwessie van uraanontginning is uiters omstrede omdat daar kommer is oor die immer-belangrike akwifer.