Grieke sluit Akropolis te midde van eerste hittegolf
Die Akropolis in Athene, Griekeland se gewildste toeristebestemming was gister in die warmste ure van die dag vir die publiek gesluit. Die land het sy vroegste hittegolf ooit ervaar, wat tot skoolsluitings en gesondheidswaarskuwings gelei het. Die ministerie van Kultuur het gesê die Unesco-terrein sou om vyf-uur die middag sluit, met temperature wat gister en na verwagting vandag ook 43-grade Celsius sal bereik. Die eerste hittegolf van die jaar in Griekeland, wat gereeld tot verswelgende somertemperature lei, sal sy hoogtepunt oor die volgende twee dae bereik, wat tot nog sluitings kan lei.