Boulter se ouers wil bly

Moord-beskuldigde Harvey Boulter se ouers, Eric, 82 en Veronica, 81, se hofaansoek teen die voorsitter van die immigrasiekeurraad en die minister van binnelandse sake en immigrasie kom vanoggend voor regter Eileen Rakow voor. Volgens die regstelsel, is die sessie in kamera en is daar geen toegang tot die dokumente nie. Maar, in vorige indienings sê die Boulter-egpaar dat die immigrasieraad probeer om hulle onbepaald, onredelik en onregverdig te laat wag, terwyl hulle bejaarde mense is en baie afhanklik hulle seun is. Die twee wil graag in die land bly en loof die gesondheidstelsel. Die twee se aansoek vir permanente verblyf is op ys tot die strafregtelike saak teen hulle seun afgehandel is.