Shackleton se Quest gevind

Wrakjagters het op die skip afgekom waarin die beroemde pool-ontdekker Ernest Shackleton sy laaste vaart onderneem het. Die vaartuig, genaamd “Quest”, is opgespoor op die seebodem aan die kus van Newfoundland, Kanada. Shackleton is op 5 Januarie 1922 dood nadat hy ‘n hartaanval aan boord gehad. Hoewel Quest diens gedoen het tot dit in 1962 gesink het, het die skip groot historiese waarde as gevolg van die vroeëre bande met Shackleton. Die Brits-Ierse ontdekker is beroemd vir sy avonture op Antarktika in ‘n tyd toe baie min mense die yswildernis besoek het.