Laer inflasie in VSA positief vir laer rentekoerseJune 12, 2024
Amerikaanse verbruikers-inflasie was verlede maand laer, wat die Amerikaanse Federale Reserwebank positiewe nuus gee kort voor die jongste rentekoersbesluit aangekondig word. Die jaarlikse verbruikersinflasie het in Mei gestaan op 3,3-persent, 0,1-persentasiepunt laer as in April. Die maandelikse inflasiekoers was onveranderd sedert ‘n maand tevore, wat heelwat laer as die verwagting was.