SA goedgekeurde huislenings 11% minder
BetterBond se tussentydse uitvoerende hoof, Bradd Bendall, sê oor die afgelope 12-maande het die aantal goedgekeurde huislenings met meer as 11-persent gedaal, terwyl die aantal huislenings vir huise wat minder as 500 000 Suid-Afrikaanse rand kos, met slegs 3,1-persent gestyg het. Hierdie dui op ‘n negatiewe koers wanneer dit aangepas word vir inflasie. Bendall sê die skade wat weens hoë rentekoerse aangerig word aan die residensiële eiendomsmark, is veral duidelik in die twee laagste huisprysgroepe, naamlik onder 500 000 rand en tussen 500 000 en een-miljoen-rand.