Jong kwalifiseerder kry sy kans by Amerikaanse Ope
Gholf: Die jong Amerikaner Jackson Suber kry van môre af ‘n kans om in die Amerikaanse Ope op Pinehurst te speel na die onttrekking van Jon Rahm van Spanje. ‘n Seer voet hou die kampioen van 2021 uit die major-toernooi. Rahm het ook onttrek aan verlede naweek se LIV-gholfliga-geleentheid in Houston. Die 24-jarige Suber is die eerste alternatief uit die finale kwalifiserende geleentheid en slaan af saam met twee voormalige major-kampioene, Hideki Matsuyama van Japan en die Amerikaner Jordan Spieth.