Macron soek alliansie teen verregses

Die Franse president Emmanuel Macron moedig mededingende partye aan beide kante van die politieke sentrum aan om saam met hom ‘n demokratiese alliansie te smee teen Marine Le Pen se verregse National Rally, RN, in die komende wetgewende verkiesing. In wat neerkom op ‘n veldtogtoespraak enkele dae nadat hy die verkiesing uitgeroep het, het Macron erken dat hy foute gemaak het en sê mense het hul verontwaardiging uitgespreek, maar voel dat hulle nie gehoor word nie. “Ek wil nie in 2027 die sleutels tot mag aan die ekstreem-regses gee nie, so ek aanvaar ten volle dat ek ‘n beweging begin het om opheldering te verskaf,” het hy gesê. Hy beweer dat RN-beleide werkers en afgetredenes sal verarm.