Wêreldekonomie sal swakker stabiliseer, rentekoerse bly hoog
Die Wêreldbank voorspel die globale ekonomie sal op ‘n swakker vlak stabiliseer met groei wat vanjaar 2,6-persent sal bereik en 2,7 persent in 2025 en 2026. Die vooruitskatting is laer as die 3,1 persent gemiddeld voor Covid-19. Volgens die bank sal ontwikkelende ekonomieë met 4 persent groei, ietwat laer as in 2023. Daarteenoor sal lae-inkomste ekonomieë na verwagting teen 5 persent groei terwyl gevorderde ekonomieë bestendig teen 1,5 persent sal groei. Die bank sê globale inflasie sal matig wees, maar rentekoerse sal hoog bly.