Unam se Ogongo-kampus sal 25 ton rys oes, Kalimbeza struikel steeds
Unam se Ogongo-kampus in Omusati boer vooruit met rys terwyl Kalimbeza in die Zambezi-streek steeds struikel. Vanjaar sal na verwagting nagenoeg 25 ton rys geoes word, ‘n toename van sowat 8 ton vanaf verlede jaar nadat ‘n uitbreiding op die rysproduksieveld gemaak is deur bystand van Debmarine Namibia. Die streeksgoewerneur Erginus Endjala, het die projek geloof en sê daar is ‘n kritieke behoefte aan belegging in navorsing en innovering om klimaatslim tegnologieë en praktyke te ontwikkel wat die nadelige uitwerking van klimaatsverandering op landbou en veeproduksie kan versag.