VN geskok dat 274 Palestyne dood is vir 4 gyselaars se redding
Die Verenigde Nasies se Menseregte-kantoor sê hy is geskok oor die uitwerking op burgerlikes van die Israelse operasie in sentraal-Gaza om vier gyselaars te bevry wat Hamas aangehou het. Minstens 247 Palestyne is Saterdag in die operasie dood en honderde beseer in die digbevolkte Nuseirat-vlugtelingkamp. Die VN sê die manier waarop die Israelse magte die aanval uitgevoer het, kan op oorlogsmisdade neerkom. Hy sê Palestynse gewapende groepe kan ook van oorlogsmisdade aangekla word vir hulle voortgesette aanhouding van gyselaars in digbevolkte gebiede.