NBC hou voet by stuk Aletha is nie opperhoof nie

In die voortslepende dispuut tussen die NBC en die Ovambanderu Tradisionele Raad, het die Mediaklagtekomitee bevind die NBC se besluit om die gebruik van die tradisionele titel “Ombara Otjitambi” of te wel opperhoof vir hoofvrou Aletha Karikondua Nguvauva op sy platforms te weier, het media-etiek en die gemeenskap se reg op selfidentiteit geskend. Die NBC appelleer teen hierdie uitspraak en verwys na vaaghede en hoorsê. Die appèlverhoor, onder toesig van die Media-ombudsman, is geskeduleer vir môre by die Huis van Demokrasie in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die media-ombud, John Nakuta, gepraat wat ‘n kort geskiedenis van die saak gee.