Patriotic Alliance vergader met MK vandag oor koalisie

Die Patriotic Alliance sê hy ontmoet vandag met die MK-party om die uitslag van die algemene verkiesing en moontlike koalisie-ooreenkomste te bespreek. Die party het onlangs met die ANC vergader oor die voorstel van die samestelling van ‘n regering van nasionale eenheid. Die Patriotic Alliance het nege setels in die Nasionale Vergadering en nog tien setels in provinsiale wetgewers oral in die land verkry. Die party sê in sy benadering soek hy na konsensus waar moontlik en om in te stem of nie, wanneer nodig.