Duisende word betaal om te kyk hoe Ronaldo oefen
Ondersteuners het duisende betaal vir ‘n kaartjie om Vrydag te sien hoe die kaptein van Portugal, Cristiano Ronaldo, oefen vir Euro 2024. Die span is tans vir die toernooi in Wesfale, Duitsland, gebaseer waar hulle in dieselfde groep as die Tsjeggiese Republiek, Turkye en Georgiё speel. Die 6 000 gratis kaartjies vir die oefensessie is binne minute opgeraap waarna die kaartjies vir tot 16 000 Namibiese dollar elk te koop aangebied word. Die 39-jarige Ronaldo speel in sy sesde toernooi sedert sy debuut in 2004.