Phaahla sê vandag oor M-pokke
Die buurland se gesondheidsminister, Joe Phaahla, sal na verwagting vandag in Pretoria ‘n nuuskonferensie hou oor die M-pokke-uitbreking. Dit volg nadat die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes twee nuwe gevalle in Durban, KwaZulu-Natal, bevestig het, wat verband hou met ‘n voorheen-bevestigde geval en plaaslike verspreiding aandui. Woordvoerder, Foster Mohale, sê gesondheidskenners van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes en die Wêreldgesondheidsorganisasie sal by die minister aansluit: