Vitol sal van 58 vulstasies ontslae raak
Vitol Emerald Bidco sal van 58 Engen- en Shell-diensstasies in Namibië ontslae raak om billike mededinging te verseker ná sy Engen-verkryging. Die stap is deel van voorwaardes wat deur die Namibiese Mededingingskommissie gestel is, wat ontwerp is om ‘n monopolie te voorkom. Die kommissie het einde verlede jaar die transaksie ter waarde van sowat 2,3 miljard Amerikaanse dollar op plaaslike vlak goedgekeur. Vitol, of Vivo Energy in Namibië, het 74 persent van Engen bekom. Die verkoop sluit eiendomme en huurkontrakte in vir onderskeidelik maatskappybesit, handelaarsbedryf en maatskappy gehuurde, handelaarsbeheerde diensstasies, sowel as kleinhandel verskaffingsooreenkomste.