Konstruksie-federasie, Manwu bereik loonooreenkoms

Die Konstruksie Industrie-federasie, CIF, en die Metaal- en Verwante- Namibiese Werkers-unie, Manwu, het ‘n tweejaar-loonooreenkoms bereik van ‘n 5 persent loonverhoging in die eerste jaar en ‘n bykomende 4 persent verhoging op die aangepaste minimum loon in die tweede jaar. Die federasie se uitvoerende hoof Bärbel Kirchner sê die verhoging was effektief met die publikasie van die Kollektiewe Ooreenkoms op 6 Junie en skets die tweejaartydperk van gereguleerde lone en indiensnemingspraktyke. Kirchner het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gee meer inligting.