MK-party dien aansoek in om parlementsitting te stop
Die MK-party het ‘n dringende aansoek by die Konstitusionele Hof ingedien om Vrydag se eerste sitting van die parlement te verhoed. Die party sê daar is onopgeloste ongerymdhede tydens die verkiesing en hy wil die uitslae uitdaag. Hulle voer aan sonder hulle 58 lede sal daar nie ‘n kworum teenwoordig wees nie. Die sekretaris van die Parlement, Xolile George, sê egter 134 lede is nodig vir ‘n kworum. Hoofregter Raymond Zuma sal na verwagting die voorsitter wees met die verkiesing van die president en die speaker van die Nasionale Vergadering.