Italië as G7-leier ‘moet sorg vir klimaatfinansiering aan Afrika’
Italië word as G7-leier versoek om te sorg dat lidlande hul beloftes oor klimaatsfinansiering aan Afrika nakom. Dit is die mening van die oud-president van Malawi, doktor Joyce Banda. Sy het verwys na sikloon Freddy wat verlede jaar tot die dood van meer as duisend mense gelei het, met meer as 650 000 wat dakloos gelaat is. Twee miljoen boere het hul oeste verloor en meer as 1 500 stuks vee het gevrek. Banda sê ‘n G7-ooreenkoms moet begin met die betaling van die beloofde geld sodat lande soos Malawi ná klimaatsrampe kan herstel.