Leinster opgewonde oor Bulle-uitdaging
Rugby: Die Bulle is die laaste oorblywende Suid-Afrikaanse span in vanjaar se Verenigde Rugbykampioenskap. Hulle is in ‘n semifinaal Saterdag op Loftus gasheer vir die Ierse reuse, Leinster, wat deur baie as die gunsteling beskou word. Die span is propvol internasionale sterre met meer toetservaring as die Bulle se VRK-wedstrydervaring. Hulle is ook desperaat om weer silwerware in te palm nadat hulle drie agtereenvolgende eindstryde in die Kampioenebeker verloor het. Leinster se hoofafrigter, Leo Cullen, sê hulle is opgewonde oor die uitdaging.