Tafeltennisspeler sal aan Olimpiese en Paralimpiese Spele deelneem
Olimpiese Spele: Die Brasiliaanse tafeltennisspeler, Bruna Alexandra, is die eerste atleet uit die land wat aan die Olimpiese en die Paralimpiese Spele gaan deelneem. Die 29-jarige het haar arm weens ‘n bloedklont verloor toe sy ‘n paar maande oud was maar het op die ouderdom van sewe aan sport begin deelneem. Alexandra het in 2016 twee bronsmedaljes by die Paralimpiese Spele in Rio gewen en silwer en brons in Tokio. Die Suid-Afrikaners, Natalie du Toit en Oscar Pistorius het vroeër ook aan albei Spele deelgeneem.