SA se finansminister moet onafhanklik aangestel word
Die Instituut vir Rasseverhoudinge steun die idee van ‘n onafhanklike minister van Finansies as deel van die samestelling van ‘n regering van nasionale eenheid. Die DA het glo tydens samesprekings met die ANC voorgestel president Cyril Ramaphosa stel ‘n minister van Finansies aan wat nie deel van die ANC is nie. Michael Morris van die instituut sê die aanstelling van ‘n geloofwaardige, gekwalifiseerde en onpartydige persoon om die Nasionale Tesourie te bestuur is ‘n manier om sleutel kabinets-portefeuljes te depolitiseer: