Haweloses by stadions… dis Stad Windhoek se probleem

Die haweloses van Windhoek, wat in Maart 2020 na die stadion by die Katutura-jeugkompleks verskuif is oor Covid, is steeds daar. Die plek raak net voller en vuiler, en daar is selfs ‘n Himba-gemeenskap wat hulle daar gevestig het. Die sportministerie dra die water- en kragrekenings. Die minister, Agnes Tjongarero sê die mense is Stad Windhoek se verantwoordelikheid en moet deur hulle verskuif word maar, daar is geen uitkoms na talle vergaderings nie.