Ses uit 80 kandidate vir Iran se president goedgekeur
Iran se Guardian Council het ses kandidate uit 80 aansoekers goedgekeur vir die blitsverkiesing wat vir 28 Junie beplan word. Vier vroulike kandidate is gediskwalifiseer. Die wenner sal wyle Ebrahim Raisi vervang, wat verlede maand in ‘n helikopterongeluk dood is. Vyf goedgekeurde kandidate is ekstremiste , met Mohammad Bagher Qalibaf, die bekendste. Slegs een van die ses verteenwoordig die hervormingskamp. Die verkiesing vind plaas te midde van spanning met die Weste oor die Iranese kernprogran asook sy steun vir Rusland in Oekraïne.