Shangula maak (nog) verskonings
Die gesondheidsminister sê daar is 18 miljoen Namibiese dollar bestee aan die verkryging van grond vir die bou van die nuwe Windhoek Distrikshospitaal. Volgens Kalumbi Shangula, is dit die begin van ’n breër plan om die land se gesondheidsinfrastruktuur op te gradeer met meer hospitale wat vir Otjiwarongo, Nkurenkuru, Ondangwa en die Oshana-streek beplan word. Die ministerie het deurgeloop onder kritiek omdat die hospitale jare terug aangekondig is met grond wat bekom is maar nie ‘n enkele baksteen gelê nie. Sewe jaar gelede is die grond vir die Otjiwarongo-hospitaal bekom en nou sê die minister die oordrag is reeds voltooi.