Proteas amper in Super-agt

Suid-Afrika is op die punt om vir die Super-agt te kwalifiseer in die T20-Wêreldbekertoernooi. Dit volg na ‘n oorwinning met vier lopies oor Bangladesj in Groep D in New York. ‘n Vennootskap van 79 lopies om die vyfde paaltjie tussen Heinrich Klaasen en David Miller het die Proteas gehelp om tot 113 vir ses te herstel nadat hulle vier vroeë paaltjies afgestaan het. In antwoord het Keshav Maharaj drie paaltjies laat val met Bangladesj wat 109 vir sewe in hul 20 boulbeurte behaal het. Klaasen, die speler van die wedstryd, sê die kragmeting gee hulle selfvertroue: