Repokoers volgende week – wat gaan BoN doen?
Die Bank van Namibië sal die repokoers volgende week Woensdag bekend maak. Die huidige repokoers is 7,75 persent. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het in Mei sy repokoers onveranderd op 8,25 persent gehou, en die Bank van Namibië sal waarskynlik sy voorbeeld volg. Namibië se jaarlikse inflasiekoers vir Mei het op 4,9 persent gestaan, ‘n verlangsaming vanaf 6,3 persent jaar-tot-jaar in Mei verlede jaar, maar effe hoër as die 4,8 persent op ‘n jaargrondslag wat in April aangeteken is. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie by Unam het aan Kosmos 94.1 Nuus sy voorspelling vir die repokoers gegee.