Sokker-aanhangers tronk toe vir rassisme

Drie Valencia-aanhangers is tot agt maande tronkstraf gevonnis in die eerste skuldigbevinding aan rassisme by ‘n sokkerwedstryd in Spanje, as ‘n direkte gevolg van ‘n klag wat deur La Liga ingedien is. Die rassistiese dreunsange was op Real Madrid se voorspeler Vinicius Jr gerig tydens ‘n La Liga-wedstryd in Valencia se Mestalla-stadion op 21 Mei verlede jaar. Die aanhangers is skuldig bevind aan ‘n “misdaad teen morele integriteit” met “verswarende omstandighede van diskriminasie op grond van rassistiese motiewe”. ’n Aanvanklike vonnis van 12 maande is met ’n derde verminder ná ’n ooreenkoms bereik is. Die ondersteuners is ook verbied om vir twee jaar enige sokkerstadion waarin La Liga of Spaanse Sokkerfederasie wedstryde gespeel word, te betree.