Meer aksie nodig met kiesersopvoeding: politieke ontleder
Daar is nie veel aktiwiteit op die politieke front nie – die gewones soos Swapo, IPC en die PDM is bedrywig maar, die LPM en die ander kleiner partye is op die oomblik stil. Dit kom te midde van die jeug wat sê hulle weet nie genoeg om te kan stem nie, of hulle stel eenvoudig nie belang nie. Politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê hy het kommer.