Gebruik sosiale media om jeug by verkiesing te betrek

Met die verkiesing wat op hande is kom die vraag op of media huise genoeg doen om Namibiërs meer te leer oor die verkiesing. In ‘n onlangse vox pop deur die Engelse dagblad The Namibian het ‘n meerderheid van die jeug met wie gepraat was gesê hulle sal nie stem nie, omdat hulle nie genoeg inligting het om ‘n besluit te neem nie. Dit is nie duidelik of hulle onkundig is of nie genoeg in politiek belangstel nie. Charmaine Ngatjiheue, ‘n joernalis en ‘n verteenwoordiger van die Namibiese Media Vakbond, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor wat die fokus moet wees om die jeug in te lig oor die verskiesing.