Waar, presies, sal geld vir N$3 000 pensioen vandaan kom?

Swapo-presidentskandidaat Netumbo Nandi-Ndaitwah het belowe om die oumenspensioen-toelaag van 1 400 na 3 000 Namibiese dollar te verhoog indien sy verkies word. Nandi-Ndaitwah het die naweek gepraat by die Dr. Hage G. Geingob-gedenklesing op Ongwediva, met die tema ‘His Legacy Lives On’. Sy sê sy sal die wens bewaarheid wat Geingob in sy Nuwejaarsboodskap vanjaar gestel het. Geingob het gesê hy hoop dat die pensioen na 2 000 dollar of selfs 3 000 dollar vehoog sal word voordat hy uittree. Belastingbetalers sou toe sowat 723 miljoen dollar per maand moes opdok as die tesourie Geingob se wens wou vervul. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Imms Nashinge, IPC-woordvoerder, wat reageer en wonder waar die geld vandaan gaan kom.