Slegte idee om Cites ‘te verlaat oor ivoor’

Omgewingsake-minister Pohamba Shifeta het hom sterk uitgespreek teen Cites se verbod op die verkoop van ivoor op internasionale markte. In ‘n onderhoud met New Era op die kantlyn van die onlangse KAZA-beraad in Livingstone, het hy gesê as die Cites lidlande verbied word om hul ivoorvoorraad te verkoop, sal hulle hul lidmaatskap onttrek. Shifeta het gesê Namibië is voor baie lande wanneer dit kom by gemeenskapsgebaseerde natuurlike hulpbronne se bestuursprogramme, wat goed beplan is. Hy het Namibië ook geloof vir meer goed-bestuurde bewareas. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Peter Cunningham, ‘n plaaslike ekoloog, oor of dit ‘n goeie idee vir Namibië sal wees om Cites te verlaat.