Fishrot-sewe se aansoek nie dringend, van rol geskrap
Die dringende aansoek in die hoërhof deur sewe van die Fishrot-verdagtes, gelei deur James Hatuikulipi, is nie dringend nie en is van die rol geskrap, volgens Regter Boas Usiku se uitspraak. Die Fishrotters het gevra vir ‘n interim interdik teen die besluit om hulle na die sogenaamde Echo-eenheid vanaf die C-afdeling te verskuif. Regter Boas Usiku sê in sy uitspraak hulle klagtes hieroor is die van enige verhoorafwagtende gevangene wat van ‘n enkelsel na kommunale selle geskruif word, en dus is die saak nie dringend nie. Usiku het ‘n kostebevel gemaak dat die aansoekers die regskoste van al die respondente moet betaal, behalwe die van die Ombudsman.