Partye sal beboet vir onverwyderde plakkate

Die Stad Johannesburg sê die Metropolisie se Verordeningseenheid sal verkiesingsplakkate verwyder as politieke partye dit nie afgehaal het nie, en boetes oplê. Woordvoerder Virgil James sê die stad se straatligpale is tydens die verkiesingsveldtogte behang met kleurvolle plakkate, maar as dit nie opgeruim word nie, sal dit die stad ontsier. Hy sê dit is waarom voorsiening vir die verwydering gemaak word in Artikel 28.