AfriForum wil keer dat Nersa aansoeke vir verhogings oorweeg
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het ‘n dringende aansoek teen die Nasionale Energiereguleerder by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien. Die aansoek wil Nersa verhinder om die aansoeke van munisipaliteite te oorweeg vir die verhoging van elektrisiteitstariewe vanaf 1 Julie, sonder die vereiste kostestudies. Volgens ‘n woordvoerder van AfriForum, Morné Mostert, gee kostestudies ‘n aanduiding wat tariewe behoort te wees om dienste te lewer en netwerke te onderhou: