Macron ontbind parlement, kondig verkiesing aan
Die Franse president, Emmanual Macron, het die Franse Nasionale Vergadering ontbind en ‘n blitsverkiesing uitgeroep wat binne 30 dae gehou moet word. Dit volg na die ‘n peiling getoon het sy Renaissance-party gaan deur Marine le Pen se verregse National Rally in die Europese parlementêre verkiesing verslaan word. Die verregse party is op koers om 32-persent van die stemme te kry, tweemaal soveel as die Renaissance-party. Macron sê Frankryk het ‘n volstrekte meerderheid nodig om daadwerklik en harmonieus op te tree.