Minimumloon: Kenner sê eindfluitjie vir ‘arrogante’ boere is geblaas
Boere maak sterk kapsie teen die voorgestelde minimumloon. Die Landbou Wergewersvereniging sê ook die 2027-tarief van 18 dollar uurliks, is onhaalbaar. Die arbeidskenner Herbert Jauch sê egter boere wat teen die voorgestelde minimumloon is, is arrogant. Volgens hom wil boere voortdurende beheer oor lone hê om aan te hou om sogenaamde hongerlone te betaal. Hy sê die argument oor boere se potensiële swaarkry en dat dit ‘n droogte-seisoen is, regverdig nie laer lone nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Jauch gepraat, wat sê die kwessie van laer lone het historiese wortels en kom al lank aan.
Jauch voeg by dat boere wat voorheen hul werkers se lone verhoog het, is die enigstes wat nie nou kla nie.