Druk op olieprys is goeie nuus vir alles, ook inflasie, repokoers
Oliepryse het Vrydag handel onder 80 Amerikaanse dollar ‘n vat afgesluit, ‘n derde agtereenvolgende weeklikse verlies met ‘n totale daling van 5 persent in die afgelope maand. Opul en sy vennote se vrywillige besnoeiings toon hoër aanbod as vraag, wat altyd pryse afdwing, sowel as aanduidings dat die Federale Reserweraad nie binnekort rentekoerse sal verlaag nie, plaas druk op die prys. Dat oliepyrse onder druk is, is natuurlik goeie nuus vir verbruikers, soos die bekende ekonoom Dawie Klopper verduidelik.