Internasionale Steps2Walk die week in die land, groot verligting op pad

Die Steps2Walk-organisasie is die week in Namibië om te help met fondsinsameling vir gratis operasies op pasiënte met verlammende voet- en enkelmisvormings regoor die wêreld. Hulle voed ook ortopediese chirurge op in verskeie behandelingsalternatiewe wat uiteindelik lei tot die hulpverlening aan duisende mense wêreldwyd. Vanjaar word die Uitreik vanaf 10 tot 14 Junie by Windhoek Sentrale Hospitaal en Lady Pohamba Privaat Hospitaal gehou. Een klompvoet-operasie kan sowat 300 000 Namibiese dollar beloop. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Marelize Mentz, die projek se bemarkings- en verhoudingsbestuurder.