Indonesiese vrou heel gesluk deur lyslang

Indonesiese amptenare sê ‘n vrou is dood binnekant ‘n slang gevind nadat sy heel ingesluk is. Die eggenoot van die 45-jarige vrou en inwoners van die dorpie, Kalempang, in die Suid-Sulawesi-provinsie, het haar in die gevlekte luislang gevind, wat nagenoeg vyf-meter lank was. Die ma van vier het Donderdagaand vermis geraak en dit het tot ‘n soektog gelei. Volgens berigte is sulke voorvalle baie skaars, maar verskeie mense is die afgelope jare in Indonesië dood nadat hulle heel deur ‘n luislang ingesluk is.