Uitspraak in sodomie-saak die week verwag

Die omstrede sodomiewet sal die komende week na vore tree met ‘n uitspraak wat Vrydag, 14 Junie in die hoërhof verwag word. Friedel Dausab, ‘n LGBT-aktivis het die saak gebring en voer aan die kriminalisering van sodomie en verwante misdrywe is ongrondwetlik en driskrimineer. Die wet self is uiters omstrede omdat dit net mans teiken al is die sogenaamde oortreding konsensueel. Daar was tussen 2003 en 2019, 64 arrestasies in die verband. Die wet laat ook toe dat nie net polisie nie, maar ook privaatburgers mense kan arresteer vir oortreding. Regters Nate Ndauendapo, Shafimana Ueitele en Claudia Claasen is op die regbank.