Windhoek-Oos vergader môre

Inwoners van die Windhoek-Oos kiesafdeling word uitgenooi na ‘n raadplegende vergadering om hul insette te kry oor die huidige grense van die streek en kiesafdelings. Die doel is om enige nodige veranderinge te bepaal en aan te beveel. Die vergadering is geskeduleer vir Maandag by Dagbreek Skool in Klein Windhoek, om half-ses die middag. Windhoek-Oos raadslid Brian Black het in ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus meer verduidelik.