Kan jy glo, Gautrain herdenk vandag 14 jaar!

Die Gautrein herdenk 14 jaar in bedryf. Die woordvoerder Albi Modise sê die eerste rit in 2010 was van Sandton-stasie na die OR Tambo Internasionale Lughawe , net betyds vir die FIFA Sokker-wêreldbeker. Gautrein het sedertdien nagenoeg 192,8 miljoen passasiers vervoer. Volgens Modise handhaaf hulle ‘n beskikbaarheid en stiptelikheid van 90 persent op die netwerk van tien stasies wat Johannesburg, Pretoria, Ekurhuleni en die lughawe verbind: